top of page
BROKEN - SA COVER 1.jpg
_edited.png

Week 4: Gebroke en Gehoorsaam

1. GEBROKE EN GEHOORSAAM

 

Wanneer ons God se werk of opdragte op ons eie manier uitvoer, is ons ongehoorsaam. Baie Christene is wedergebore, lees die Woord, bid en wil hul sondes vergewe, maar hulle wil dit nie op God se manier doen nie. In Handelinge 9 lees ons hoe Saul die Christene vervolg en vermoor het, omdat hy gedink het dat hy vir God werk en 'n heilige lewe lei. Hy het gedink dit is wat God wou hê hy moet doen.

 

Dwarsdeur die Nuwe Testament het apostels hulleself diensknegte van Jesus Christus genoem omdat hulle aan Hom onderdanig en gehoorsaam was. Efésiërs 2:2 en Kolossense 3:6 sê dat ons kinders van ongehoorsaamheid was totdat die Here ons gered en verander het. Dis net deur die hulp van die Heilige Gees, die Bloed van die Lam, en die krag van God dat ons ontslae raak van ons ou natuur. Ons moet onsself volkome aan Hom oorgee.

 

 

2. BEREID OM TE LY

 

  • Paulus het gesê, “wat ywer betref, 'n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.” Filippense 3:6 (AFR53)

 

  • Voordat Saulus Paulus geword het, was hy onberispelik in die onderhouding van die wet, maar sy waardes en identiteit het verander toe hy Christus ontmoet het. Jesus het vir hom gesê hoeveel hy ter wille van Hom sou moes ly, en hy het homself daarop voorberei.

 

BID: Vader, ons bely waar ons ongehoorsaam was en dinge op ons eie manier gedoen het, omdat ons nie wou ly nie. Verander ons sodat ons gewillige en gehoorsame diensknegte van Christus sal wees. Amen.

 

 

3. GEBROKE

 

Paulus het gesê,“Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word...” Filippense 3:8-9 (AFR53).

 

Ons moet ’n rooi pen vat en in hoofletters oor alles wat vleeslik is – ons prestasies en prioriteite – die woord: VERLIES skryf. Daardie dinge kan ons nêrens in die Koninkryk van God bring nie. Jesus Christus is meer werd en heerliker as al die dinge van die vlees. Ons enigste doel moet wees om Hom te ken. Alles anders moet weg. 

 

Ons moet God toelaat om ons lyding te gebruik om ons meer soos Jesus te maak. Suid-Afrika sal Sy krag slegs deur ons gebrokenheid sien.

 

​

4. #BID4SA

 

Sit tyd opsy en bid dat Suid-Afrika God se krag deur ons gebrokenheid sal sien.

Gebroke

Jesus het nie toegelaat dat verwerping, lyding en pyn Sy hart verhard nie. In plaas daarvan het Hy gebroke geword en sy lewe vir ons uitgestort. 

 

Kom ons volg Sy voorbeeld en laat God toe om ons gebrokenheid te gebruik om siele in Suid-Afrika te verlos.

 

“Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!" Psalms 51:19 (AFR53)

PRAY4SA ARC
bottom of page