top of page
SUPERNATURAL CITIZENS.jpg
_edited.png

Bonatuurlike Burgers

Registreer om die gebedsmateriaal per e-pos te ontvang

Gebedsmateriaal

Burgers van God se Koninkryk het Koninkryksregte, toegang tot die Koninkryk en Koninkryk-sleutels. Hierdie sleutels is nie fisies of materiëel nie, maar bonatuurlik.

 

Ons dien 'n onsigbare Koninkryk, en God gee vir ons die sleutels wat die eienskappe van die Hemel verteenwoordig: geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees. Hierdie hemelse eienskappe onderskei ons om die wêreld in te gaan en 'n voorbeeld vir die nasies te wees.

 

“So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,...” Efesiërs 2:19 (AFR53)

Bid Die Woord

Suid-Afrika het die manifestering van God se Koninkryk nodig. Wanneer dit gebeur, sal geregtigheid en vrede herstel word. Hierdie Bybelverse sal ons help om daarvoor te bid.

  1. U is die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God; Here, aan U gee ons die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. (1 Timoteus 1:17)

  2. Dankie, Here dat wanneer ons eerstens U Koninkryk en U geregtigheid soek, alles wat ons benodig, vir ons bygevoeg sal word. (Matteus 6:33)

  3. Help ons, Here, om nie te let op dit wat sigbaar is nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. (2 Korinthiërs 4:18)

  4. Dankie, Here, dat ons deel is van ‘n onwankelbare Koninkryk. (Hebreërs 12:28)

  5. Ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook ons Verlosser, die Here Jesus Christus, verwag. (Filippense 3:20)

  6. Ons is nie van die wêreld nie, net soos U nie van die wêreld is nie.  Here, leer ons om in elke opsig soos U te lewe. (Johannes 17:16)

  7. Here, help ons om te fokus op U Koninkryk wat nie van hierdie wêreld is nie. (Johannes 18:36)

  8. Here, ons kies om U Koninkryk te verteenwoordig wat nie in woorde bestaan nie, maar in krag.  (1 Korinthiërs 4:20)

  9. Help ons, Here, om waardiglik te wandel voor U wat ons tot U Koninkryk en heerlikheid roep. (1 Tessalonisense 2:12)

  10. Laat U Koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. (Matteus 6:10)

  11. U Koninkryk is binne-in ons. Ons is draers van U Koninkryk. (Lukas 17:21)

  12. Omdat ons uit U gebore is, oorwin ons die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.  (1 Johannes 5:4)

  13. Here, U Koninkryk is 'n koninkryk van alle eeue, en U heerskappy duur deur al die geslagte. Dankie dat ons aan U Koninkryk behoort. (Psalms 145:13)

  14. Dankie vir die skat wat U in ons, die erdekruike, geplaas het, sodat die voortreflikheid van U krag mag wees; en nie uit ons nie.  (2 Korinthiërs 4:7)

  15. Laat ons nie vergeet dat ons hier geen blywende stad het nie, Here, maar laat ons bly soek na die toekomstige.  (Hebreërs 13:14)

  16. Ons rig ons oë op en soek die dinge wat daarbo is en nie die dinge wat op die aarde is nie. (Kolossense 3:1-4)

  17. Dankie, Here, dat U ons in volle vrede bewaar omdat ons op U vertrou. (Jesaja 26:3)

  18. Ons onthou ons van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel, omdat ons nie deel is van hierdie wêreld nie.
    (1 Petrus 2:11)

  19. Here, U het ons geroep om die Koninkryk te verkondig. (Lukas 10:9)

Week 1

Week 1

1. Buite Hierdie Wéreld

 

Burgers van God se Koninkryk het Koninkryksregte, toegang tot die Koninkryk en Koninkryksleutels. Hierdie sleutels is nie fisies of materiëel nie, maar bonatuurlik.

 

Ons dien 'n onsigbare Koninkryk, en God gee vir ons die sleutels wat die eienskappe van die Hemel verteenwoordig: geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees. Hierdie hemelse eienskappe onderskei ons om die wêreld in te gaan en 'n voorbeeld vir die nasies te wees.

 

“So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God...” Efesiërs 2:19 (AFR53)

​

 

2. Onbeperk

 

  • Jy dink dalk die probleme in ons nasie is te groot om op te los, MAAR God is baie groter as enige aardse probleem.

 

  • Jesus het in die krag en die heerlikheid geleef; Hy is ons voorbeeld van hoe om te lewe. Wanneer ons deur die Gees lewe, wandel ons in 'n hoër realm saam met God. Hy gee ons bonatuurlike kennis om ons probleme te hanteer. Skryf enige probleme of moeilikhede wat Suid-Afrika in die gesig staar, neer en gee dit aan God.

 

BID: Here, dankie dat U ons Hemelse burgers gemaak het en toegang tot U Koninkryk gegee het. Ons vra nederig om vergifnis waar ons U beperk het en nie op U vermoë om ons nasie te verander, vertrou het nie. Amen.

​

 

3. Bonatuurlike Burgers

 

Daar is dinge waarteen ons moet veg. Baie mense sukkel met verslawings, identiteitskwessies en ander daaglikse aanvalle van die wêreld.

 

Ons kan hierdie gevegte wen deur daagliks nader God te wandel. Wees lief vir hom. Aanbid Hom. En veg die gevegte met die sleutels van die Koninkryk.

 

“Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.” Sagaria 4:6 (AFR53)

​

​

4. Bid Vir Suid-Afrika 

 

Sit tyd opsy en bid dat Suid-Afrika Koninkryksgesind sal wees.

​

Week 2

Week 2

1. Koninkryk DNS

 

Kultuur definieer houding en gedrag. Ons verteenwoordig die kultuur van God se Koninkryk. Jesus het gesê: "My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie." Die Kerk moenie die Evangelie afwater om kultureel relevant te word, en die kultuur van God se Koninkryk met ’n wêreldse kultuur te vervang nie.

 

Paulus het gesê dat ons alles vir alle mense moet word om hulle te bereik, maar ons moet nie die wese van wie ons is, verander nie. Die kultuur van die Koninkryk word deur nabootsing oorgedra. Jesus het gesê ons moet navolgers van Hom wees.

 

“WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders...” Efesiërs 5:1 (AFR53)

 

 

2. Koninkryk Realiteit

 

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
Mattheus 6:33 (AFR53)

 

  • Wanneer ons God se Koninkryk soek, ontsluit Hy die bonatuurlike en wonderwerke. Dan sal ons oorwinnings in hierdie nasie beleef.

 

  • In die realiteit van die Koninkryk, ervaar jy God se plan vir jou om Sy Koninkryk te weerspieël. Hou jy vas aan 'n wêreldse kultuur wat die kultuur van God se Koninkryk belemmer in jou lewe?

 

BID: Here, ek lê my aardse kultuur af vir die kultuur van U Koninkryk. Dankie vir U belofte dat U my sal gebruik vir U Koninkryk wanneer ek U aangesig soek. Laat U Koninkryk in Suid-Afrika kom. Amen.

​

​

3. Bonatuurlike Burgers

 

Simon Petrus was in die tronk (Handelinge 12). Die heiliges van die Here het dag en nag gebid. Hulle was 'n biddende kerk. Hulle wou Jesus leer ken. Hulle was honger na Jesus. Hulle het die Here gesoek.

 

Simon Petrus was in 'n slegte plek, maar die heiliges het gebid, hulle het nie afgedwaal nie, en engele het gekom en Simon Petrus uit die tronk gered. As die Here jou wakker maak om te bid, bid dan. Neem daardie tyd om te bid, want jy weet nooit wie daardeur geseën sal word nie.

 

“So is Petrus dan in die gevangenis bewaak; maar daar het 'n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan.” Handelinge 12:5 (AFR53)

​

​

4. Bid Vir Suid-Afrika 

​

Sit tyd opsy en bid dat Suid-Afrika Koninkryksgesind sal wees.

Week 3

Week 3

1. Boontoe…

 

Om 'n berg te klim, is eensaam. Om Jesus te volg, is die verhewe lewe. Ons vorder wanneer ons opgaan na bo. Gaan op na die berge; moenie deur middelmatigheid en vleeslikheid verstrik en vasgevang word nie. Die vuur van God is op die berg. Dit is om in die Gees te wandel, 'n Geesvervulde lewe te lei.

 

Jesus het opgevaar. Ons word hoër geroep. Hy het gesê: "...glo My, daar kom 'n uur wanneer julle nie op die berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie." God is die Alfa en die Omega. Hy is die begin en die einde. Dit beteken daar is 'n begin, en Hy is ook aan die einde. Hy sê dat Hy nie aan ruimte en tyd gebonde is nie. Wanneer ons in Gees en waarheid wandel, is ons in harmonie met die hoogte, diepte en breedte van alles wat God is, en ons verbreek die beperkinge van ons omstandighede in aanbidding.

 

"God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid." Johannes 4:24 (AFR53)

​

 

2. En Nie Ondertoe Nie…

 

  • Die Koninkryk van God is nie fisies nie, en dit is nie vleeslik nie; jy moet 'n oop hart hê om dit weer te ontvang. Baie mense dink die Koninkryk van God is 'n mooi gebou, maar die Kerk is geestelik en vir geestelike mense.

 

  • Jy moet wedergebore word; dit is 'n geestelike geboorte. Om uit die Gees gebore te word, is om van bo gebore te word. Die gevaar by baie mense is dat hulle uit die Gees gebore is, maar hulle leef hieronder—vasgevang in die dinge van hierdie wêreld. Neem 'n oomblik en vra jouself: Leef jy in die Konkinryk van bo, of weeg die sorge van hierdie wêreld so swaar op jou dat dit jou aftrek?

 

BID: Here, dankie dat ek uit die Gees gebore is. Help my om my gedagtes te rig op U Koninkryk wat daarbo is en om nie vasgevang te word deur middelmatigheid en die vlees nie. Amen.

 

 

3. Bonatuurlike Burgers

 

Geloof is 'n aksie. Abraham het geloof gehad en hy het God geglo. Sy geloof het hom in staat gestel om te hoop op die onmoontlike. Christus was sy hoop. Ons moet dieselfde doen en volhard deur lewe in ons negatiewe omstandighede te spreek.

 

Hou aan om die Woord te spreek. Gaan voort om die Woord in jou situasie te spreek; die deurbraak sal kom. Wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie—loof God, dank God, dra die las deur die nag—gaan hoër op.

 

“Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.” Hebreërs 11:8 (AFR53) 

​

​

4. Bid Vir Suid-Afrika 

​

Sit tyd opsy en bid dat Suid-Afrika Koninkryksgesind sal wees.

Week 4

Week 4

1. Oë Om Te Sien

 

Elisa het 'n hemelse visie gehad en sy geestelike vader na daardie plek bly volg. God het ons as Sy volk geroep om 'n hemelse visie te hê. Dit is maklik om in die vlees, in die natuurlike en in die afleidings van hierdie wêreld te bly.

 

Die wêreld is gevul met moeilikheid; dit is gevul met sensuele stimulasie. God sê ons moet 'n hemelse visie hê, nie 'n wêreldse visie nie.

 

“...was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie...” Handelinge 26:19 (AFR53)

​

 

2. Hemelse Visie

 

  • Hemelse visie beteken nie om op te kyk en aan die sterre en wolke te dink nie; dit is die hemelse roeping, die bonatuurlike oproep.

 

  • God het jou geken, nog voor Hy jou geweef het in jou moeder se skoot. Hy het jou geroep; Hy het jou geskep. Hy het planne vir jou; Hy het 'n doel vir jou. Dit is jy wat gedissiplineerd en gefokus moet bly. Die lewe sal jou bombardeer met allerhande dinge—teleurstellings, seerkry, verslawings, versoekings, stimulasies, mislukkings, suksesse en verwerpings. Bly gefokus op God die Vader sodat Hy vir jou sal sê: “Mooi so, my goeie en getroue dienskneg.”

 

BID: Here, dankie dat ek 'n doel en roeping vir my lewe het. Help my om te wandel in die doel wat U vir my lewe het. Amen.

​

 

3. Bonatuurlike Burgers

 

Gebed se doel is nie om God se denke te verander nie, maar ons s'n. Gebed verander situasies en omstandighede. Gebed verander harte; dit verander lewens. Gebed vernietig die werke van die duiwel en oorwin demoniese vestings wat aangewys is om ons doel en ons roeping te verhinder.

 

Die grootste mag en rykdom wat jy as kind van God het, is nie in goud, platinum of diamante nie; dit is in gebed. Die vermoë en krag om te bid en God se aangesig te soek, is nie iets wat ligtelik opgeneem word nie.

 

“Bid sonder ophou.” 1 Tessalonisense 5:17 (AFR53)

​

​

4. Bid Vir Suid-Afrika 

​

Sit tyd opsy en bid dat Suid-Afrika Koninkryksgesind sal wees.

Week 5

Week 5

1. Styg Op

 

Baie Christene mis die vervulling van God se plan omdat hulle te gefokus is op aardse oplossings vir God se Koninkryk. God se plan kom nie deur wêreldse dinge, die vlees, of waarneming nie; dit is 'n geestelike Koninkryk, gevul met geregtigheid, vrede en blydskap in die Heilige Gees.

 

In die Bybel het die Jode na 'n natuurlike koninkryk gesoek en dit wat deur geloof gekom het, gemis. Vandag is baie so “kerklik” dat hulle mis wat God doen. Ons het oë om te sien en ore om te hoor, maar ons het geloof nodig om daarin te wandel.

 

“Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.” Romeine 14:17 (AFR53)

 

​

2. In Jou Hart

 

  • Jesus is gesalf om die boodskap van die Koninkryk van God te bring en Sy Koninkryk in jou hart te vestig. “En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die Koninkryk van God is binne-in julle.” Lukas 17:21 (AFR53)

 

  • Die dissipels het vir Jesus gevra: “Hoe moet ons bid?” Jesus het gesê: "Laat u koninkryk kom." Dit moet in jou hart vestig. Die Koninkryk is binne-in jou. Daar is soveel krag wanneer dit in jou manifesteer.

 

BID: Here, dankie dat die Koninkryk binne-in my is. Help my om in die werklikheid van U Koninkryk vir my lewe te wandel, sodat ek 'n draer van U Koninkryk in Suid-Afrika kan wees. Amen. 

​

 

3. Bonatuurlike Burgers

 

Ons moet ywerig bid dat die planne en die mandaat van die Koninkryk van God in die wêreld vervul sal word. Ons moet bid dat dit gevestig word en dat ons deur die Here geplant word as 'n stewig-gewortelde boom van geregtigheid. Ons plek van geloof en vertroue is in die Evangelie, waar die "Gees van die Here op my is," en die salwing manifesteer.

 

'n Aardse koninkryk het aardse grond nodig; 'n geestelike koninkryk nie. Die aardse koninkryk moet aan die hemelse Koninkryk onderworpe wees. So, waarvoor bid ons? Ons bid vir 'n geestelike Koninkryk.

 

"…laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde..." Matteus 6:10 (AFR53)

​

​

4. Bid Vir Suid-Afrika 

​

Sit tyd opsy en bid dat Suid-Afrika Koninkryksgesind sal wees.

PRAY4SA ARC
bottom of page