top of page
_edited.png
POWER UP.jpg

Week 1: Huis van Gebed

1. Huis van Gebed

 

Volgens Mattheus 21:13 het Jesus die tempel ingekom en hulle teregewys omdat hulle die huis van God ‘n rowersnes gemaak het. Hy het vir hulle gesê, “My huis moet ‘n huis van gebed genoem word.” Die kerk kan nie staatmaak op natuurlike (aardse) vaardighede, besigheidsmodelle en vermaak nie—ons het God nodig.

 

Vele begin in die Gees, maar eindig in die vlees (Galasiërs 3:3). Die Here wil ons terugbring na die huis van gebed. Kom ons verenig, as Suid-Afrikaners en kom byeen in die glorieryke Huis van God.

 

Hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in My huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op My altaar; want My huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke. Jesaja 56:7 (AFR53)

​

​

2. Hemelse Vader

 

  • Is die kerk ‘n (a) kuierplek saam met ander gelowiges, (b) plek van Christelike vermaak, (c) plek vir motiveringspraatjies, of (d) plek van gebed?

 

  • Wat beteken dit om ‘n kind van God te wees?

 

GEBED: Vader, ons vra U om vergifnis waar ons U kerk tot vleeslike werke verlaag het. Ons nader U troon in nederigheid. Help Suid-Afrika om ‘n ligtoring van gebed te wees. Amen

​

 

3. Kry Krag

 

Gebed kan nie net ‘n gonswoord vir Christene wees nie. God roep ‘n radikale, biddende generasie om op te staan, Hom aan te roep en na Hom te luister. Hy roep ons tot ‘n ware, diepe intimiteit met Hom.

 

Ons eis nederig en biddend Suid-Afrika terug vir Jesus. Laat ons die Here aanbid en Hom aanroep.

 

Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so aanbid. Johannes 4:23 (AFR53)

 

 

4. Bid Vir Suid-Afrika

 

Sit tyd opsy en bid vir God se bonatuurlike ingryping in Suid-Afrika. 

Kry Krag

God roep ons terug na die Huis van Gebed. Die enigste manier waarop Suid-Afrika God se bonatuurlike ingryping sal sien, is deur gebed. Hou aan bid, staan vas en moenie ophou nie. Dit is tyd om KRAG TE KRY!

​

En die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. Openbaring 8:4-5 (AFR53)

PRAY4SA ARC
bottom of page