top of page
_edited.png
POWER UP.jpg

Week 3: Die Skudding

1. Die Skudding

​

Die vroeë Christene was Nasareners—min geag deur mense—maar kragtige manne en vroue van gebed. Hulle het gebid toe hulle deur die godsdienstige stelsel vervolg is. Hulle het gebid toe die owerhede hulle gevange geneem het. Hulle het nooit moed opgegee nie. God het die fondamente van die gevangenis geskud, hulle boeie gebreek en hulle vrygelaat.

 

Ons mag gewone mense wees, maar ons sal sien hoe God die hemel en die aarde vir ons skud as ons aanhou bid. Kom ons verklaar ‘n skudding in Suid-Afrika.

 

En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister. En skielik kom daar ‘n groot aardbewing, sodat die fondamente van die gevangenis geskud het. En onmiddellik het al die deure oopgegaan en al die boeie van almal het losgeraak. Handelinge 16:25-26 (AFR53)

​

​

2. Bid soos niemand kan nie

​

  • Sien jy jouself net as ‘n nommer en dink, “wat kan ek doen?” Of, glo jy wat die Bybel sê in 1 Johannes 4:4? [Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. 1 Johannes 4:4]

 

  • Watter situasies in Suid-Afrika en die wêreld moet deur God geskud word? Neem tyd, skryf dit neer en bid daaroor.

 

GEBED: Here Jesus, ons verklaar ‘n skudding in Suid-Afrika. Ons spreek U lig en lewe oor hierdie nasie. Laat die duisternis vlug soos U elke ketting breek. Amen

​

​

3. Kry Krag

​

Ons moenie dink dat God ons nie kan gebruik, of dat ons te nietig is om ‘n verskil te maak nie. As ons ‘n mond het, kan ons bid. Wanneer ons in gebed is, tree ons in verbinding met God en is Hy aan ons kant. Dit beteken nie dat ons niemand is nie; ons is kinders van God.

 

Ons besit die mag om God se orde oor Suid-Afrika te spreek. Dit is waarom dit so kragtig is om die Woord te bid.

 

En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie... Lukas 18:1 (AFR53)

​

​

4. Bid Vir Suid-Afrika

 

Sit tyd opsy en bid vir God se bonatuurlike ingryping in Suid-Afrika. 

Kry Krag

God roep ons terug na die Huis van Gebed. Die enigste manier waarop Suid-Afrika God se bonatuurlike ingryping sal sien, is deur gebed. Hou aan bid, staan vas en moenie ophou nie. Dit is tyd om KRAG TE KRY!

​

En die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. Openbaring 8:4-5 (AFR53)

PRAY4SA ARC
bottom of page