top of page
_edited.png
POWER UP.jpg

Week 4: Vurige Gebed

1. Vurige Gebed

 

Volgens Lukas 24:49 het Jesus vir die dissipels gesê om in Jerusalem te bly en te wag om toegerus te word met God se krag. Nadat Jesus opgevaar het na die hemel, het hulle vervolging van die politieke stelsel en godsdienstige leiers in die gesig gestaar. Hulle was 120 gewone, biddende mense wat in een vertrek op God gewag het en vertrou het dat Hy Sy belofte sal nakom. (Handelinge 2:4-8) Toe het iets oor die aarde verander. Die krag van die Heilige Gees het op hulle neergedaal soos wind en vuur! Hulle almal was onmiddellik gevul met die krag van God.

 

‘n Paar nietige mense het die wêreld onderstebo gekeer met God se krag, omdat hulle aanhou bid en in eenheid gestaan het. Stel jou voor wat die verandering in Suid-Afrika sal wees wanneer ons dieselfde doen.

 

En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. Handelinge 2:1-3 (AFR53)

​

​

2. Staan Saam

​

  • Hoe reageer jy op situasies in Suid-Afrika? Praat jy teen die regering en president? Blameer jy mense, of wag jy op God in gebed?

 

  • Die #PRAY4SA-familie kan nie fisies bymekaar kom nie, maar ons kom in eenheid deur gebed. Staan jy saam met ons en bid in afwagting?

 

GEBED: Vader God, ons roep tot U krag wanneer ons in eenheid vir Suid-Afrika staan. Ons vertrou op ‘n uitstorting van U Gees om hierdie nasie en die wêreld aan te raak. Amen

​

​

3. Kry Krag

​

Gebed is nie gewoon nie. Jesus het gesê dat Hy sal doen wat ons vra wanneer twee van ons saamstem in gebed. (Matteus 18:19) Wanneer ons in eenheid staan en in ooreenstemming is met God se Woord, stel God Sy krag vry.

 

God hoor ons versoeke en petisies vir Suid-Afrika. Sy Gees is met ons. Laat ons aanhou om op die Here te wag —in eenheid.

 

Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ‘n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers. Handelinge 1:14 (AFR53)

​

​

4. Bid Vir Suid-Afrika

​

Sit tyd opsy en bid vir God se bonatuurlike ingryping in Suid-Afrika. 

Kry Krag

God roep ons terug na die Huis van Gebed. Die enigste manier waarop Suid-Afrika God se bonatuurlike ingryping sal sien, is deur gebed. Hou aan bid, staan vas en moenie ophou nie. Dit is tyd om KRAG TE KRY!

​

En die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. Openbaring 8:4-5 (AFR53)

PRAY4SA ARC
bottom of page