top of page
_edited.png
POWER UP.jpg

Week 5: Die Krag Van Gebed

1. Die Krag Van Gebed

​

Volgens Openbaring 8 het ‘n engel die gebede van God se volk voor Sy troon opgelig. Die engel het die vurige gebede in ‘n wierookbak geplaas en dit op die aarde gegooi, en daar het stemme, donderslae, weerligte en ‘n aardbewing gekom.

 

As ons biddend bly, sal God vir ons veg. Hy neem ons gebede en breek die kettings van die vyand se planne. Ons sal God se Koninkryk in Suid-Afrika sien, wanneer ons die krag van gebed in eenheid besef.

 

En die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. Openbaring 8:4-5 (AFR53)

​

​

2. Het Jy Die Krag?

​

  • Bid jy uit oortuiging van sonde, of uit plig? Of, erken jy dat gebed kragtig is – dat God dit sien en optree as gevolg daarvan?

 

  • Bid jy getrou vir Suid-Afrika saam met die #PRAY4SA-familie? Identifiseer mense wat jou verantwoordelik sal hou om aan te hou bid en volhard.

 

GEBED: Hemelse Vader, dankie dat wanneer ons vir Suid-Afrika bid, U magtige krag vrygestel word en die planne van die duisternis vernietig word. Amen

​

​

3. Kry Krag

​

Wanneer ons tot God bid, sal Hy afreken met dit wat Sy beloftes verhinder. Ons beïnvloed Suid-Afrika wanneer ons in eenheid staan en saam bid as die #PRAY4SA-familie. Die vyand sidder wanneer ons volhard in gebed.

 

God is besig om ‘n bonatuurlike huis van gebed op te rig. Sy krag en heerlikheid manifesteer vir ons. Volhard in gebed!

 

Hulle sal Ek bring na My heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in My huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op My altaar; want My huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke. Jesaja 56:7 (AFR53)

​

​

4. Bid Vir Suid-Afrika

​

Sit tyd opsy en bid vir God se bonatuurlike ingryping in Suid-Afrika. 

Kry Krag

God roep ons terug na die Huis van Gebed. Die enigste manier waarop Suid-Afrika God se bonatuurlike ingryping sal sien, is deur gebed. Hou aan bid, staan vas en moenie ophou nie. Dit is tyd om KRAG TE KRY!

​

En die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. Openbaring 8:4-5 (AFR53)

PRAY4SA ARC
bottom of page