top of page
_edited.png
POWER UP.jpg

Week 2: Hou aan bid

1. Hou aan bid

​

Die Bybel praat van ‘n groot oorlog in die hemele. (Openbaring 12) Daniël het vir 21 dae gevas en gebid toe ‘n engel aan hom verskyn en gesê het dat Daniël se gebede vanaf die eerste oomblik verhoor is. Die engel het in antwoord op Daniël se gebed gekom, maar hy was vertraag in sy stryd. (Daniël 10:12-13)

 

Ons moenie hoop verloor en ophou vertrou op God vir Suid-Afrika nie. Dit is maklik om ontmoedig te raak wanneer ons bid en nie enige verandering sien nie. Ons is in ‘n stryd gewikkel, maar ons oorwinning is in God. Hou aan staan in gebed.

 

Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Efesiërs 6:13 (AFR53)

​

​

2. Stryd-gereed

​

  • Daniël het gevas en gebid vir drie weke. God mag jou dalk vra om te vas of om deur die nag te bid. Is jy gereed en waaksaam?

 

  • Stem jy saam, of verander jy die gesprek wanneer mense negatief oor Suid-Afrika praat? Gee jy moed op, of bly jy getrou?

 

GEBED: Here, ons staan in gebed vir ons nasie. Ons is nie ontmoedig nie, want U veg vir ons. Ons oorwinning is in U. Amen

​

​

3. Kry Krag

​

Dit kan soms voel asof dinge erger raak al bid ons meer. Dit kan voorkom asof die vyand besig is om veld te wen, maar as ons volhard in gebed, sal ons oorwin. Paulus en Silas was in die tronk, maar hulle het aanhou bid en het lofliedere tot middernag gesing. Toe, met eens, het God hulle boeie gebreek en die tronkdeure oopgemaak.

 

Kom ons hou aan om God te prys en in Hom te glo, selfs wanneer die situasie in Suid-Afrika hopeloos lyk. Hou aan bid, want God sal die gety omkeer.

 

Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. 1 Thessalonisense 5:16-18 (AFR53)

​

​

4. Bid Vir Suid-Afrika

 

Sit tyd opsy en bid vir God se bonatuurlike ingryping in Suid-Afrika. 

Kry Krag

God roep ons terug na die Huis van Gebed. Die enigste manier waarop Suid-Afrika God se bonatuurlike ingryping sal sien, is deur gebed. Hou aan bid, staan vas en moenie ophou nie. Dit is tyd om KRAG TE KRY!

​

En die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God. En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing. Openbaring 8:4-5 (AFR53)

PRAY4SA ARC
bottom of page