top of page
BROKEN - SA COVER 1.jpg
_edited.png

GEBROKE

PAAS-UITGAWE

Jesus het nie toegelaat dat verwerping, lyding en pyn Sy hart verhard nie. In plaas daarvan het Hy gebroke geword en sy lewe vir ons uitgestort. 

 

Kom ons volg Sy voorbeeld en laat God toe om ons gebrokenheid te gebruik om siele in Suid-Afrika te verlos.

 

“Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!" Psalms 51:19 (AFR53)

Bid Die Woord

Die Woord leer ons om nie ons harte te verhard wanneer ons deur pyn en lyding gaan nie.  Hierdie Bybelverse herinner ons daaraan dat ons God se krag sal sien as ons gebroke bly. Kom ons bid.

Week 1: Die Gebroke Lewe

Jesus was bekend met hartseer. Hy het pyn en lyding nie net aan die Kruis ervaar nie, maar dwarsdeur Sy lewe – in Sy liggaam en siel (Jesaja 53:12). Jesus is deur Sy eie verwerp. Hulle het Hom uit die sinagoges gejaag en wou Hom doodmaak. Dit was Sy lewe.

Week 2: Gebroke Harte

Wanneer jy 'n saad plant, is daar lewe binne, maar daar is 'n harde dop om dit. Voordat ons na Christus gekom het, het die wonde en seerkry in ons lewens 'n harde dop om ons harte gebou. Daardie harde dop is sonde – die ou natuur, Satan se natuur – en dit bou 'n muur tussen God en ons.

Week 3: Bly Gebroke

Jesus het nie toegelaat dat die verwerping, haat en bitterheid van Sy eie mense Sy hart verhard nie. Hy het Sy vlees gebreek in plaas daarvan om daaraan toe te gee, daarom kon Sy lig en liefde vloei. Toe Jesus sien waardeur Hy moes gaan, het Hy gesê: “Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!” (Lukas 22:42).

Week 4: Gebroke en Gehoorsaam

Wanneer ons God se werk of opdragte op ons eie manier uitvoer, is ons ongehoorsaam. Baie Christene is wedergebore, lees die Woord, bid en wil hê dat hulle sondes vergewe word, maar hulle wil dit nie op God se manier doen nie. In Handelinge 9 lees ons hoe Saulus die Christene vervolg en vermoor het, omdat hy gedink het dat hy vir God werk en 'n heilige lewe lei. Hy het gedink dit is wat God wou hê hy moet doen.

Week 5: Gebroke en Geseënd

God se Gees en heerlikheid sal rus op diegene wat vir sy Naam ly. Een van die doelwitte van ons lyding is om ons verhouding met God te verdiep, om dit meer werklik en intiem in plaas van oppervlakkig te maak.

PRAY4SA ARC
bottom of page