top of page
BROKEN - SA COVER 1.jpg
_edited.png

Week 3: Bly Gebroke

1. BLY GEBROKE

 

In die Bybel sê God vir ons om nie moeg te word om goed te doen nie (Galasiërs 6:9), om nie toe te laat dat die wortels van bitterheid opspring nie (Hebreërs 12:15), en om nie die son te laat ondergaan terwyl ons kwaad is nie. (Efésiërs 4:26). Hoekom? Omdat die vyand weet as ons oortredings en bitterheid toelaat, kan ons nie nuttige voorwerpe in die Meester se hand wees nie. Wanneer ons aanstoot neem, is ons hard soos 'n rots, en dan kan Hy ons nie gebruik om te bid dat siele in Suid-Afrika vrygemaak, genees en verlos word nie.

 

Jesus het nie toegelaat dat die verwerping, haat en bitterheid van Sy eie mense Sy hart verhard nie. Hy het Sy vlees gebreek in plaas daarvan om daaraan toe te gee, daarom kon Sy lig en liefde vloei. Toe Jesus sien waardeur Hy moes gaan, het Hy gesê: “Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!” (Lukas 22:42).

​

​

2. BLY SAG

 

  • Wat ook al oor jou pad kom (al lyk dit onregverdig), bly sag en moenie bitter word nie. ’n Harde hart is Satan se natuur.

 

 

  • Ons moenie ons eie seer probeer genees nie. Jesus is die barmhartige Samaritaan wat ons optel, reinig en ons genees met Sy Bloed. 

 

BID: Hemelse Vader, help ons om sag en gebroke te bly en nie bitter te word nie, sodat ons genesing en herstel deur U Bloed kan ontvang. Gebruik ons om vir siele in Suid-Afrika te bid. Amen.

 

 

3. GEBROKE

 

Baie godsdienste bepleit haat teenoor mense wat nie deel van hul godsdiens is nie en nie dieselfde glo as hulle nie. Maar as ware Geesvervulde gelowiges haat ons nie mense van ander godsdienste nie. Al stem ons nie saam met hulle leerstellings nie, is ons lief vir en bid ons vir hulle. Mense wat nie wedergebore is nie, het nie die natuur van ons Verlosser nie en word deur hul eie natuur mislei, wat hulle in die duisternis aftrek. Daarom moet ons ontslae raak van die ou natuur (self) en die lewe van Jesus – die nuwe lewe en ingesteldheid – deur ons laat vloei.

 

Kom ons word gebroke soos Jesus. Hy het vir ons gewys wat om met die vlees te doen. Die vlees moet gekruisig word met die ou lewe en sy emosies. Dit moet uitgestort word, sodat ons die nuwe lewe van Jesus kan ontvang.

 

"Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?" Eségiël 18:31 (AFR53)

 

 

4. #BID4SA

 

Sit tyd opsy en bid dat Suid-Afrika God se krag deur ons gebrokenheid sal sien.

Gebroke

Jesus het nie toegelaat dat verwerping, lyding en pyn Sy hart verhard nie. In plaas daarvan het Hy gebroke geword en sy lewe vir ons uitgestort. 

 

Kom ons volg Sy voorbeeld en laat God toe om ons gebrokenheid te gebruik om siele in Suid-Afrika te verlos.

 

“Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!" Psalms 51:19 (AFR53)

PRAY4SA ARC
bottom of page