top of page
BROKEN - SA COVER 1.jpg
_edited.png

Week 5: Gebroke en Geseënd

1. GEBROKE & GESEËND

 

“As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.” 1 Petrus 4:14 (AFR53)

 

God se Gees en heerlikheid sal rus op diegene wat vir sy Naam ly. Een van die doelwitte van ons lyding is om ons verhouding met God te verdiep, om dit meer werklik en intiem in plaas van oppervlakkig te maak.

 

Wanneer ons stukkende vate word, neem die lewe van Christus oor, en Sy heiligheid en liefde vloei deur ons, en ons het intimiteit met Hom. Wanneer dit gebeur, soek ons nie erkenning of eer van mense nie – ons wil net in ons binnekamer wees en tot ons Hemelse Vader bid.

 

 

2. RUS & VREDE

 

  • “...Hulle sal in my rus nie ingaan nie. Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie.” Hebreërs 4:5-6 (AFR53)

 

  • “...Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie...” Hebreërs 3:15 (AFR53)

 

  • Ons kan nie die Vader se rus binnegaan as ons hardheid, bitterheid, verwerping of trots het nie. As ons nie met onsself handel nie, sal ons voortdurend bekommerd wees, en ons sal nie vrede hê nie.

 

BID: Hemelse Vader, ons begeer om 'n dieper, meer intieme verhouding met U te hê. Maak asseblief ons harte sag en buigbaar sodat ons U stem sal hoor en U vrede sal ervaar. Amen.

 

 

3. GEBROKE

 

In Eksodus 12 het God Sy volk opdrag gegee om bloed aan die deurkosyne te gooi om hulle te beskerm die nag wat die dood oor die Egiptenare gekom het. Toe lei Hy hulle uit na die Beloofde Land. 

 

God wil ons uit die vlees na die gees lei, uit die duisternis in Sy opstandingskrag, van die dood na die lewe. Maar dit kan net gebeur wanneer ons deel het aan Sy gebrokenheid en lyding – wanneer ons gebroke is soos Hy gebroke was.

 

“Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!" Psalms 51:19 (AFR53)

 

 

4. #BID4SA

 

Sit tyd opsy en bid dat Suid-Afrika God se krag deur ons gebrokenheid sal sien.

Gebroke

Jesus het nie toegelaat dat verwerping, lyding en pyn Sy hart verhard nie. In plaas daarvan het Hy gebroke geword en sy lewe vir ons uitgestort. 

 

Kom ons volg Sy voorbeeld en laat God toe om ons gebrokenheid te gebruik om siele in Suid-Afrika te verlos.

 

“Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!" Psalms 51:19 (AFR53)

PRAY4SA ARC
bottom of page