top of page
BROKEN - SA COVER 1.jpg
_edited.png

Bid Die Woord

Die Woord leer ons om nie ons harte te verhard wanneer ons deur pyn en lyding gaan nie.   Die volgende Bybelverse herinner ons dat ons God se krag sal sien wanneer ons gebroke bly. Kom ons bid.

 

  1. Geseënd is U, die God en Vader van onse Here Jesus Christus, wat na Sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode. (1 Petrus 1:3)

  2. Dankie, Jesus,  dat U die owerhede en magte uitgeklee / ontwapen en in die openbaar tentoongestel het; en aan die Kruis oor hulle getriomfeer het.  (Kolossense 2:15)

  3. Ons dankie U, God, dat U ons altyd laat triomfeer in Christus en dat die reuk van Sy kennis deur ons oral versprei. (2 Korinthiërs 2:14)

  4. Here Jesus, ons vaste hoop is dat ons U kan ken, asook die krag van U opstanding en die gemeenskap aan U lyde, terwyl ons aan U dood gelykvormig word. (Filippense 3:10)

  5. Vader, dankie dat U dá½·e wat gebroke van hart is in Suid-Afrika, genees en hulle wonde verbind. (Psalms 147:3)

  6. Here, menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red U hulle. (Psalms 34:20)

  7. Dankie, Here, dat U naby is aan die wat gebroke is van hart en dat U dá½·e wat verslae is van gees, verlos. (Psalms 34:19)

  8. Here, dit is goed vir ons dat ons verdruk was, sodat ons U insettinge sou leer. (Psalms 119:71 )

  9. Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart  - dá½·t sal U, o God, nie verag nie!  (Psalms 51:19)

  10. Here, ons bewaar ons harte terwyl ons vir Suid-Afrika bid, meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. (Spreuke 4:23)

  11. Dankie, Jesus, dat U die opstanding en die lewe is. Die wie in U glo, sal lewe, al het hy ook gesterwe. (Johannes 11:25)

  12. Here, help ons om ons lyding te verdra, want dan sal ons met U regeer. (2 Timoteus 2:12)

  13. Here, ons vra nederig dat U vir ons een hart sal gee, en 'n nuwe gees in ons binneste; en dat U die hart van klip uit ons vlees sal verwyder en ons 'n hart van vlees sal gee. (Esegiël 11:19)

  14. Vader, wanneer ons staan en bid, sal ons dá½·e vergeef teen wie ons iets het, sodat U  wat in die hemele is, ons ook ons oortredinge mag vergewe.  (Markus11:25)

  15. Here, ons troos in ons ellende is dat U belofte ons lewend maak. (Psalms 119:50)

  16. Dankie, Jesus, dat U buitekant die poort gely het om ons deur U eie bloed te heilig.  (Hebreërs 13:12)

  17. Vader, dankie dat elkeen wat in U is, 'n nuwe skepsel is; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.  (2 Korinthiërs 5:17)

  18. Here Jesus, help ons om U voorbeeld te volg. U is mishandel, hoewel U onderworpe was, het U nie U mond oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders — ja, U het U mond nie oopgemaak nie. (Jesaja 53:7)

  19. Vader, dankie dat ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid bewerk. (2 Korinthiërs 4:17)

  20. Here Jesus, omdat U vir ons na die vlees gely het, sal ons onsself bewapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde. (1 Petrus 4:1)

  21. Ons oë is gevestig op U, Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat U voorgehou is die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. (Hebreërs 12:2)

  22. Vader,  ons vergeet die dinge wat agter is en strek ons uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus. (Filippense 3:14)

Gebroke

Jesus het nie toegelaat dat verwerping, lyding en pyn Sy hart verhard nie. In plaas daarvan het Hy gebroke geword en sy lewe vir ons uitgestort. 

 

Kom ons volg Sy voorbeeld en laat God toe om ons gebrokenheid te gebruik om siele in Suid-Afrika te verlos.

 

“Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!" Psalms 51:19 (AFR53)

PRAY4SA ARC
bottom of page